Kaplyn
Tussen bosse en bome,
Tussen grense wag ons almal vir môre.
Maar op agtien was ons almal verlore.
Hoe kan ons verstaan?
En wie weet nou ons lewe?
Want net God alleen weet waaroor ons bewe.
Want op agtien wou ons almal net lewe.
Net een slag toe was jou lewe verby.
Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai.
Toe ons jonk was sou ons dit toe kon raai?
Soek jy na my?
Soek jy nou na my in die stof in jou bloed?
Jy’t gesê jy hoor hoe God na jou roep.
Toe’s dit als verby.
Na al hierdie jare.
Ver verlore, duik ons rond in ons dade.
Met soldate leef met grense se skare.
Hoe kan ons verstaan?
Want daai bos vreet ons spore.
In die donker bos was broeders gebore.
In die donker saam gebid vir ‘n more.
Net een slag toe was jou lewe verby.
Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn, my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai.
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai.
Waar is jy nou?
Is jou naam daar op ons mure behou?
Jy was nooit vir hier en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou.
En by daardie mure,
Staan ek vir ure.
Maar waar’s jou naam nou my vriend?
Kan hul nie verstaan,
Jou soldate vergaan
Sonder rede dra hulle die blaam!
Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn, my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai.
Toe ons jonk was, hoe sou ons dit kon raai?
Waar is jy nou?
Is jou naam daar op ons mure behou?
Jy was nooit vir hier.
Niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou.
En by daardie mure,
Staan ek vir ure.
En by daardie mure,
Staan ek vir ure.