|
0 - Inleiding.pdf Size : 0.182 Kb Type : pdf |
|
1-Basies.pdf Size : 0.408 Kb Type : pdf |
|
2-Gewere en Groot Dae.pdf Size : 0.262 Kb Type : pdf |
|
12-Liefde en Lewe.pdf Size : 0.387 Kb Type : pdf |
5 Junie
Basies is nie die einde van die verhaal nie. Dis nie eers die begin van die einde nie, maar ons kan met sekerheid sê dis die einde van die begin. En na verdere opleiding word ons held ontplooi. Hiervoor het niks hom voorberei nie en sy gevorderde opleiding word in die hande van die deskundiges gelaat... soos die patetiese sappeur Piater.
4 Junie 2009
Aan alle goeie dinge, en aan Basies, kom daar 'n einde... maar nie voordat 'n paar rekeninge betaal word nie.
1 Junie 2009
Niks maak 'n gesoute kryger so senuweeagtig soos 'n handgranaat nie... behalwe 'n handgranaat in die hande van 'n rou rower.
31 Mei 2009
Die dag wanneer 'n man sy geweer ontvang, is 'n... Groot Dag.
Hiermee is hy in staat om die onheiliges te beveg. Dit maak hom tien voet groot. Hy is gevaarlik. Maar, totdat hy weet wat hy doen, is hy op sy gevaarlikste vir dié in sy onmiddellike omgewing.
En die rang sidder...
30 Mei 2009
Dis 'n woord waarin al 'n man se vrese, al sy ontoereikenheid - die volle versameling van sy swakhede, ingebind is: BASIES!
Ons gee die seun aan die Weermag, en na Basies gee hy ons die man terug.
Maar eers, te midde van die skerp prikkelgeur van Brasso, van Omo, van Cobra vloerpolitoer, moet ons held eers veg om oorlewing...29 Mei 2009
Aandag!
In een van die mees pittige, maar ook reguit, inleidings, word die leser in die wêreld van "Ek was Daar" ingelei.
Dit skep die atmosfeer van die boek -
'n leeservaring wat in die res van die werk voortgesit word.
En hier is dit nou - eksklusief vir lede van die "Ek was Daar"-groep op Facebook: Die eerste paar treë in die wêreld van "Ek was Daar" in.
Geniet.
Die skrywers.